Dag en Nag, Tyd en Kalenders.

clip_image002

Dit is baie belangrik om die begrip van n dag en n nag te verstaan volgens die Skrif. In Genesis hoofstuk een gedurende die skepping was alles in duisternis gehul. Daar is skeiding gemaak tussen duisternis en lig.Dit is opgedeel in twee siklusse.Eerste n voledige siklus van duisternis en is nag genoem, gevolg deur n voledige lig siklus en dit word dag genoem.

Gen 1:5 en God het die lig dag genoem, en die duisternis het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

Skriftuurlik begin n dag dan in die aandskemer en kom tot n einde met die volgende aandskemer. Geen tyd is gebruik nie. Hierdie periodes van duisternis en lig is deur die Antieke Egiptenare opgedeel in tydvakke van twaalf. Hoekom twaalf? Die Egiptenare het die gewoonte gehad om met een hand te tel. Die duim is dan gebruik om te tel.Elke lid van die vinger is getel met die duim. Begin by die pinkie, elke vinnger het drie litte. 3×4=12. Hulle het ook die eerste son horlosie met stok en skaduwee gebruik. Die sterre is ook in die nag gebruik. Dan het hulle ook n water horlosie gebruik,die “Clepsydra”. Dit het bestaan uit n houer vol water wat deur n klein gatjie drup in n houer wat laer staan.Op die onderste houer word dan verskilende merke aangebring om die tyd en vlak aan te dui.Hierdie metode is deur die grieke oorgeneem en verbeter.Onder Alexander die grote het sterrekunde verbeter en sterre is ook gebruik.Die Romeine het egter die eerste keer die middel van die nag gebruik om die nuwe dag te begin.

clip_image004

The journal of the British Archaeological Association: Volume 38 1882 “The division of the Roman day was similar to that of the Greek ; but the space of forty-eight hours was reckoned differently by different nations (Macrobius). The Athenians reckoned from sunset to sunset ; the Babylonians from sunrise to sunrise ; but the Roman day extended from midnight to midnight, and the first part was called medice noctis inclinatio ; the next gallicinium, or cock-crow ; the third conticuum, or the silent, when not only cockscease to crow, to crow, but men also take their rest ; the last is the diluculum, when day begins to decline.”

Hier kan ons duidelik sien dat hulle die nag net mooi in die helfte verdeel. Van hierdie oomblik af lyk n dag soos volg: Dit begin in die middel van die duisternis met n halwe nag siklus. Gevolg deur n normale voledige dag siklus. Gevolg deur n halwe nag siklus. Van hierdie oomblik af is dit aangeneem deur die mens en is tot vandag nog in werking. Die mens het al vroeg die konsep van dag en nag verander. So ook tye en kalenders. Als waaraan hul kon raak het hul ge-manipuleer.Maar die maan kan hul nie manipuleer nie.

Om die Woord beter te verstaan moet ons ook die regte konsep van dag en nag kry volgens die Skrif. As u dink dit is nie van belang nie, wil ek graag by u weet hoe kry u drie dae en drie nagte in gepas van n vrydag tot n sondag?(wanneer sommige beweer Yeshua het opgestaan). Yeshua was tog n periode van drie dae en drie nagte in die graf!

Ons plaas van Nuwe Lied Bedieninge die volgende artikel (sien “link” onderaan. Dit is baie goed uiteengesit en sal van groot hulp wees. Besoek hulle gerus.

HebreeuseKalender1 - nuwe lied bediening se artikel.

Shalom.

About these ads

One thought on “Dag en Nag, Tyd en Kalenders.

  1. Ek het ‘n probleem met “gelowiges” wat die Joodse kalender gebruik vir nuwemaan bepalinge en dan ondermeer agter die Karaites se tradisies aan te loop. Nee man, as julle tradisies wil volg waarom het julle christenskap verlaat; vir net meer heidense gebruike?

    Hoe het Dawid geweet dat :
    1Sa 20:5 Toe sê Dawid vir Jónatan: Kyk, môre is dit nuwemaan, en ek moet sekerlik met die koning saam aansit om te eet; maar laat my gaan, dat ek my wegsteek in die veld tot oormôre-aand. ….?

    Die sekelmaan is dan bowendien ook afkomstig van Babilon maw. heidense gebruik soos ook om die maangod[islam] se sekelmaan te gebruik wat op al hul vlae voorkom.

    Indien die sekelmaan gebruik word gaan jy min of meer 3 dae te laat wees met Yeshua se koms op Yom Teruah.

    Die korrekte gebruik is conjunction.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s